Philip & Helouise Janse van Rensburg - 23 Mei 2015 - Cathedral Pe [Back to Gallery]
Ons was vreeslik opgewonde toe Helouise & Philip ons bespreek het vir hul troue in die Drakensberge. 'n "Destination Wedding" is altyd 'n naweek lange partytjie!
Die groot kuier het reeds die Vrydagaand begin toe almal begin inboek het by die hotel en aangesit het vir 'n lekker ete by die restaurant.
Saterdag het die troue begin in die kapel met 'n sprokiesmooi uitsig van die berge. Dit was so lekker om die aantrelike paartjie se groot dag vas te vang met die berge in die agtergrond. Daarna het die groot makietie begin en almal het tot ounag partytjie gehou!